2006 Unie Kampioen KDV
<<< Back to WC Pigeon Racing Home Page / Articles Archive  

Article Published: 06 December 2006

2006 Unie Kampioen KDV
Karel Engelbrecht het op 13 jarige ouderdom as jong skoolseun belang begin stel in duiwe. Hy het op daardie staduim by Jannie Theron sy eerste duiwe gekry en sy eerste stel duiwe begin broei. Destyds toe hulle begin vlieg het moes hulle ‘n rubbertjie om die duif se voet sit en as jou duif by die huis aangevlieg gekom het moes hulle met die rubbertjie hardloop tot by die rugbyveld en die persoon wat eerste onder die rugbypale was was die wenner vir die dag. Op daardie staduim was panboy Ascot Karel se grootste teenstaander. In 1972 het hulle die junior duiweklub gestig waaronder Karel gevlieg het, wat Feranti Look, Jan Theron en Basil Clarke gesponser het.

In 1973 wen Karel die Laingsburg as eerste junior. Slegs 4 duiwe was die dag vanaf Laingsburg in die senior hokke. Op daardie staduim was hulle ongeveer 14 jong skoolseuns wat gevlieg het maar slegs 3 van hulle het hul eie hokke gehad waarvan Karel een van die 3 lede was.

In Karel se eerste jaar wat hy gevlieg het het hy 3 wedvlugte weg gewen. In sy 2 de jaar wat hy vlieg het hy 14 uit die 20 wedvlugte gewen. In 1977 is hy weermag toe en het toe besluit om op te hou vlieg. Daarna het hy besluit om maar by ‘n Hengelklub aan te sluit en te begin hengel. In 1983 is Karel toe getroud, waarna hy en sy swaer toe besluit om een naweek te gaan hengel op Struisbaai. Hulle het gestaan en hengel en Karel sien toe ‘n pakkie duiwe wat sirkel. Vra toe uit of iemand weet wie se duiwe sirkel so en ‘n ene Chris Burmeister wat toe ook staan en hengel se toe dit is sy duiwe. Hy nooi toe vir Karel uit om te kom kyk na sy duiwe. Vir ses maande het Karel nooit iets gehoor van chris burmeister nie en op ‘n dag by die werk noem een van sy kollegas van die man wat van Struisbaai af im Parow kom intrek het. Karel het toe weer met Chris Burmeister in aanraking gekom en die duiwe gogga het weereens vir Karel gebyt. Vir drie jaar was karel slegs”silent partner” van Chris Burmeister. Op daardie staduim het Chris Burmeister net van die beste duiwe in die land gehad. In 1986 Hetchris Burmeister toe vir Karel sy huis in Kraaifontein gebou as ook sy duiwe hok wat vandag nog staan. In dieselfde jaar het Karel ook by KDV aangesluit en by KDV begin vlieg.

Daardie jaar toe bestaan KDV uit min of meer 25 lede. In sy eerste jaar by kdv het hy 3 wedvlugte gewen. Chris Burmeister het toe weens persoonlike redes op gehou vlieg, en daardie tydstip het die katte en rotte so te se chris se hok skoongemaak. Hy gee toe die paar duiwe wat nog oorgebly het vir karel en daarmee het Karel weer sy duiwe opgebou. Sy bloedlyne daardie tyd was bill Morkel Putries, Langbrecht van Engela van Wessel Pieters van Benoni en ook Katryse van ‘n neef van Chris Burmeister ‘n ene nakkie Burmeister deur die jare het hy ook van Feranti Look se witsterte gekry en daarmee geteel, en wen vandag nog met sy duiwe wat ingeteel is.

1993 is karel unie kampioen
1994 5 de plek in die unie
1995 3 de plek in die unie
1996 2 de plek in die unie
1997 unie kampioen met meeste punte 596
1998 3de plek in die unie
1999 4 de plek in die unie
2000 2 de plek in die unie asook 2 de met enkelduif in unie
2001 3 de plek in die unie
2002 unie kampioen
2003 unie kampioen met meeste punte 763 en ook sanpo klere
2004 5de plek in unie met die duiwe wat vir 7 weke siek was
2005 unie kampioen met meeste punte nuwe rekord van 857 punte nadat die misuljaat kat sy hele stockhok uitgewis het.

2006 unie kampioen met 680 punte en slegs een unie wedvlug gewen naamlik die Victoria wes jaaroud.

Baie geluk karel met al hierdie prestasies.


KDV Prys Uitdeeling

Top 5 vir 2006 is soos volg:
1 ste Karel Engelbrecht
2 de P R Botha & seun
3 de B Jansen
4 de A Abrahams
5 de R Rossouw

 

Links | Advertising | Web Design | Contact | Lost Birds

Western Cape Pigeon Racing 
This website is for the Pigeon Racing fraternity in general. Comments, Union results, club champions and any other issues relating to pigeon racing in general are welcome. Please Note that all copy including text and images are copyrighted. For reprints please contact the webmaster for permission.