Nuus van Bloemfontein Posduiffederasie
<<< Back to WC Pigeon Racing Home Page / Articles Archive  

Courtesy of SA Pigeon News
Article Published 27 November 2007

SA BPF 5011 ~ TRAP DIEP SPORE IN NICO DREYER SE DUIWE HART
Gerald Sansom - Reklamebeampte Nico Dreyer, befaamde Bloemfonteinse duiweboer, behaal die afgelope dekade menigte uitstaande vlieg- en skouprestasie en die teling van een super duif was seer sekerlik te wagte.

Gedurende die 2003/04 somer ring Nico net nog 'n kuiken- so het hy gedink - toe hy ring, nommer SA BPF 5011/04 oor 'n toekomstige Blouband hennetjie se tone glip. Min het hy geweet hoe diep hierdie atleet nog in sy gemoed sou nes skop. Na twee en 'n halwe seisoen vlieg SA BPF 5011/04 alles tot so 'n mate aan flarde dat sy met reg as die langverwagte presteerder "par exellance" benoem kan word.


SA BPF 5011-04 - Wenner van 3 federasievlugte, 5 sekie- en 8 klubwenne

Karaktertrekke
SA BPF 5011/04 is 'n pragduif en beskik volgens Dreyer oor al die kwaliteite om in beide die wedvlug asook skou katogorieë uitstaande te wees. Sy het 'n kort voorarm en haar buite vlerk word deur dunvormige primêre penne afgerond. Sy dra geringe liggaamsmassa en beskik oor 'n uiters vol maar soepel spierstelsel. Voeg hierby haar uitnemende perel kleurige teeloog en jy het die totale pakket.

Prestaiess 2005
As jaaroud neem 5011/04 aan vier wedvlugte deel en behaal die volgende vliegprestasies.
Klubposisies:-1 x 1ste, 1 x 6de, 1 x 8ste.
Seksieposisies:-1 x 2de, 1 x 14de, 1 x 23ste en 1 x 48ste.
Federasieposiesies:-1 x 2de, 1 x 62ste, 1 x 86ste, 1 x 182ste.

Prestasies 2006
In haar tweede seisoen bars BPF 5011/04 deur alle grense en lewer 'n asemrowende vliegvertoning.Sy neem binne veertien weke aan altesaam sewe wedvlugte deel en haar lys prestasies sien as volg daaruit.
Klubposisies:- 3 x 1ste, 2 x 2de, 1 x 4de, 1 x 5de. Seksieposisies:- 2 x 1ste, 1 x 2de, 2 x 3de, 1 x 4de, 1 x 13de.
Federasieposiesies:- 1 x 1ste, 2 x 7de, 1 x 13de, 2 x 16de, 1 x 51ste.
Na afloop van die wedvlug seisoen word sy aangewys as algeheel 2de beste duif in die klub asook algeheel 2de beste wyfie in die Federasie. Dreyer beaam die feit dat, hy dit na afloop van die 2006 seisoen sterk oorweeg het, om haar op stoet te plaas.

Met die aanvang van die 2007 seisoen het Nico egter besef dat hy haar 'n onreg sou aandoen indien hy die wyfie van enige verdere wedvlugdeelname sou ontrek.

Prestasies 2007
Soos verouderde rooiwyn stel sy haar meester nie teleur. Sy oortref alle vorige prestasies tot so 'n mate dat selfs Dreyer beangs raak en haar na tien weke van alle verdere wedvlug deelname ontrek.
BPF 5011/04 behaal in haar laaste "swanesang" jaar die volgende wedvlugprestasies.

Klubposisies:- 4 x 1ste, 1 x 3de.
Seksieposisies:-3 x 1ste, 1 x 2de, 1 x 10de
Federasieposisies:- 2 x 1ste, 1 x 11de, 1 x 17de, 1 x 56ste.

Teling
Aan vaderskant is SA BPF 5011/04 blouband, 'n produk uit BELG 6210576/98 ‘n seun van Herbie, 'n direkte invoer uit die hokke van die eertydse duiwemeester en vriend, Jeff Houben. Dreyer beskou die mannetjie beter bekend as "Herbie" as van voortreflike teelwaarde. Herbie se vaar was op sy beurt die 2de opvolg duif tydens die wêreld Olimpiade wedvlug wat in Utrecht plaasgevind het. Hierdie mannetjie se bydrae tot sy suksesse is kardinaal.
Hy is verantwoordelik vir die teel van talle klub, seksie en federasie wenners. Gedurende sy eerste produksie jaar vlieg sy vier kinders vir Nico nie minder as 8 wenne. Twee van sy kinders is reeds 3 x federasie wenners.


Ma en pa van SA BPF 5011-04

Aan moederskant is SA BPF 5011/04 geteel uit SA BRPF 3253/00, 'n Houben Oscar wyfie waarvan Dreyer self die teler was. Hierdie wyfie, wat ook 'n wenner vir Dreyer was, dra net soos Herbie van die beste Houbenbloed wat te offer was.

Opsommend
SA BPF 5011/00 behaal ter samevattend vir Nico Dreyer 8 klubwenne, 5 seksiewenne en 3 federasiewenne. Voeg hierby haar lang lys ander prestasies en u as leser sou kon verstaan waarom die groot beurtsang met die aanvang van die artikel. Haar prestasies word so hoog aangeslaan dat George le Roux (Federasie sekretaris) by die bekendmaking van haar laaste wedvlug uitslae na haar verwys as, die beste enkelduif presteerder wat die Bloemfontein Posduif Federasie nog opgelewer het.

Voorwaar 'n benoeming om op baie, baie trots te wees, Nico!

Article courtesy of "SA Pigeon News”

Links | Advertising | Web Design | Contact | Lost Birds

Western Cape Pigeon Racing 
This website is for the Pigeon Racing fraternity in general. Comments, Union results, club champions and any other issues relating to pigeon racing in general are welcome. Please Note that all copy including text and images are copyrighted. For reprints please contact the webmaster for permission.